Skip to main content

Shopping Cart

You're getting the VIP treatment!

Item(s) unavailable for purchase
Please review your cart. You can remove the unavailable item(s) now or we'll automatically remove it at Checkout.
itemsitem
itemsitem

Recommended For You

Loading...

True Crime eBooks

If you like True Crime eBooks, then you'll love these top picks.
Showing 1 - 22 of 22 Results
Skip side bar filters
  • Grusaam

    Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het

    In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van ’n klomp geweldenaars in ons land se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat onskuldige medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die ... Read more

    $9.99 USD

  • Woensdag

    ’n Ware verhaal van verkragting en vergifnis

    by Elsabet Louw ...
    Toe Elsabet Louw een Woensdagmiddag wreed verkrag is in die damestoilette by 'n winkelsentrum, het sy aanvanklik wat met haar gebeur het, ontken. Deur die verkragting bloot as 'n aanranding te beskryf, het sy haarself teen die wrede werklikheid beskerm. Toe sy uiteindelik die waarheid konfronteer, het Elsabet wraak gesweer ... Haar dag van vergelding, 'n Woensdag, was naby ... Woensdag is die ware ... Read more

    $7.99 USD

  • Moord-en-roof

    In die kop van 'n baasspeurder

    by Albert Blake ...
    In die dae toe speurders nog aan hul safaripakke en Grasshopper-skoene uitgeken kon word, was die Moord-en-roofeenheid ewe beroemd as berug. Charles Miller was een van hul topspeurders. As lid van die Wes-Randse tak het hy verskeie opspraakwekkende moord- en roofsake danksy deeglike speurwerk en 'n uitstekende netwerk opgelos. Bloedbesmeerde moordtonele, donker hole, omstrede ondervragingsmetodes ... Read more

    $13.99 USD $11.99 USD

  • Die Boek van Verbod

    Uittreksels uit Riyad as-Salihin deur al-Nawawi

    Series series Versameling: Die Sunnah van profeet Mohammed
    Hierdie kort boek bevat profetiese uitsprake wat verband hou met die Islamitiese verbod op murmurering, laster, lieg, valse getuienis, belediging, afguns, haat, spioenasie, minagting, verraad, sowel as spog, onreg, woeker, marteling, pronk en verbod. binne en buite die huis en met betrekking tot handelinge van aanbidding, alles geneem uit die bekende samestelling “Die Tuin van die Deugsames” wat ... Read more

    $3.99 USD or Free with Kobo Plus

  • ‘n Enkele verhaal

    Die jag op ’n reeksverkragter

    by Deon Wiggett ...
    Genomineer vir die kortlys van die KykNET-Rapport boekprys vir nie-fiksieIn November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid-Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het. Nou, in ’n Enkele verhaal, vertel hy vir die eerste keer ’n Afrikaanse storie in Afrikaans – en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens ... Read more

    $12.99 USD

  • Bloed, dunner as water

    Suid-Afrika se berugste familiemoorde

    by Charné Kemp ...
    Hoe vermoor jy jou eie familie? Dit is elke keer skokkend: Ouers wat hul eie kinders se lewens uitwis - kinders wat hul ouers om die lewe bring - broers en susters wat eens en vir altyd teen mekaar draai. Suid-Afrika het talle sulke tragiese voorvalle. Venolia Siwa: moordenaar van haar vyf kinders. Phoenix Theron wat haar ma vermoor het om haar suster te beskerm. Don Steenkamp: moordenaar van sy ... Read more

    $13.99 USD $11.99 USD

  • Gert & Joey

    Nuwe lig op ‘n raaisel van dertig jaar

    Vir Suid-Afrikaners het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste egpaar, hang onbeant- woorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie. Joernalis Pieter van Zyl ... Read more

    $9.99 USD

  • Kinders wat moor

    Wie se skuld is dit?

    Die een moordenaar suig sy duim. Die ander een klim op sy ma se skoot en begin huil. Hulle speel met hul speelgoed en lees hul strokiesprente op die vloer van die polisiekantoor. Hulle is albei 10 jaar oud. Wat dryf 'n kind om moord te pleeg? 'n Skynbaar normale kind uit 'n "goeie" huis ... Henri van Breda, die Welkom-begraafplaasmoord, Marcel Steyn van die Krugersdorpse afspraakmoorde en soveel ... Read more

    $13.99 USD

  • Die De Zalze-moorde

    Die familiemoord wat die land tot stilstand geruk het

    by Julian Jansen ...
    Die Van Breda's was die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en geliefd. In 'n luukse landgoed buite Stellenbosch lei hulle oënskynlik 'n droomlewe. Tot alles oornag verander. Die grumoorde op Martin, sy vrou, Teresa, en hul seun Rudi skok die land tot stilstand. Julian Jansen, een van die eerste joernaliste op die toneel, besef dadelik: dié saak gaan buitengewone eise aan die polisie stel. ... Read more

    $10.99 USD

  • Die Griekwastad Moorde

    Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het

    NUWE UITGAWE: SLUIT DIE VONNISOPLEGGING IN EN MAAK VIR DIE EERSTE KEER DIE MOORDENAAR SE IDENTITEIT BEKEND ... Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 ... Read more

    $9.99 USD

  • Boereverneukers

    Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters

    Boereverneuker, -s, kwaksalwer, bedrieër; ook spottend vir prokureur gebruik. Hulle is sjarmant, galant, elegant, belese, berese, gelowig, bedagsaam, selfversekerd, hiperintelligent ... en jy kan nie help om van hulle te hou nie. Maar eintlik is hulle glibberige gladdebekke wat jou in ʼn ommesientjie platsak gaan laat. Want hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, ... Read more

    $9.99 USD

  • Ware Verhale Van Die Doodste Manlike Reeksmoordenaars

    by Hseham Amrahs ...
    • Die boek verken die lewens en misdade van berugte individue soos Ted Bundy, Jeffrey Lionel Dahmer, John Wayne Gacy en Alexander Pichushkin.• Die boek delf in die sielkunde van hierdie misdadigers, ondersoek hul motiewe en die faktore wat hulle gelei het om gruwelike dade te pleeg.• Lesers word op 'n reis deur tyd en oor kontinente geneem en die donker en verdraaide gedagtes van hierdie ... Read more

    $2.99 USD or Free with Kobo Plus

  • Die einde van die wêreld

    En hoe om dit te oorleef

    Daar is al oorgenoeg eindes vir die wêreld of die menslike beskawing voorspel. Hoe sal dit regtig kan gebeur? Johannes Bertus de Villiers ondersoek die aardskuddende gevare wat ons (miskien?) inwag.Die profesieë van die Majas en Nostradamus, ons ontstuimige son, natuurrampe, meteoriete uit die buitenste ruim, selfs zombies en eindvisies eie aan Suid-Afrika word hier saamgevat.Daar is hoop, selfs ... Read more

    $16.99 USD $14.99 USD

  • Liefde agter tralies

    Johann Nel, die Skierlik-moordenaar, gevonnis tot 168 jaar gevangenisstraf, vind liefde. Die jong vrou trou met hom, teen alle raad... Dít is ver van die enigste geval van so 'n verhouding. Van diewe tot geweldsmisdadigers - selfs moordenaars - vind liefde agter tralies. Sulke mense word dikwels as monsters beskou, maar vir diegene wat op hulle verlief raak is hulle "die liefde van hul lewe", of ... Read more

    $11.99 USD

  • Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand

    Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom ’n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy ’n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was. Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, ... Read more

    $9.99 USD

  • Skimme in die Skadu - Ware verhale van reeksmoordenaars

    Reeksmoordenaars ervaar die mag oor lewe en dood as almagtig. Aangesien hulle min beheer het oor hulle eie lewens en gevoelens, raak hulle verslaaf aan die almagtigheid wat beheer oor iemand anders se lewe hulle bied. Daarom pleeg hulle herhaaldelik moord. Dit herstel hulle geestelike wanbalans wanneer hulle selfwaarde in twyfel getrek word. As ek 'n reeksmoordenaar moes ondervra, het ek op ... Read more

    $7.99 USD

  • Byleveld

    dossier van 'n baasspeurder

    by Hanlie Retief ...
    Oudbrigadier Piet Byleveld word wêreldwyd gereken as een van die beste speurders van ons tyd. As jy moord pleeg en Piet Byl word ingeroep, is jou plek in die tronk bespreek. As jy kinders leed aandoen, het jy jou eie lot verseël. En is jy 'n reeksmoordenaar, sal hy nie stop voor hy jou agter tralies het nie. In hierdie boek word die dossiere van talle moorde wat hierdie gentleman-speurder oor ... Read more

    $10.99 USD

  • Moord op Pofadder

    Die skokkende verhaal agter Suretha Brits se meesterplan en die kontrak op haar man

    by Charné Kemp ...
    Wat dryf 'n pragtige jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits só graag van Leon ontslae raak? Danksy binne-inligting van vriende, familie en die polisie, sit die ondersoekende joernalis Charné Kemp al die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas. 'n Boeiende ware misdaadverhaal ... Read more

    $10.99 USD

  • Moord op Stellenbosch

    Twee dekades se skokverhale

    by Julian Jansen ...
    Opspraakwekkende moorde uit die mooie Stellenbosch het die land oor die afgelope twee dekades geskok. Die gesoute joernalis Julian Jansen praat met familie en vriende van die slagoffers, kry toegang tot geslote polisiedossiere en onthul nuwe inligting waaroor daar nog nie vantevore berig is nie. Hier vertel hy die verhale, nie net van die bekende slagoffers nie, maar ook van iemand soos die ... Read more

    $10.99 USD

  • Die handskrif teen die spieël

    Rhoenay Rheeder het n gewone bestaan gevoer totdat haar wêreld in duie gestort het met die moord op haar man. Sy vertrek op 'n soektog na antwoorde en bevind haarself telkens in die moeilikheid en raak selfs deurmekaar met onsmaaklike karakters. Gaan sy daarin slaag om haar man se moordenaar op te spoor en terselfdertyd ongedeerd kan wegstap? En sal sy, wat nog so jonk is, weer liefde vind?Die 82 ... Read more

    $9.99 USD

  • Van sprokie tot tragedie in die kollig

    Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad. Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop ... Read more

    $8.99 USD

  • Suiker Britz

    Dossier van ’n speurbaas

    Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van ’n era aangebreek – ’n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat ... Read more

    $9.99 USD