Skip to main content

Shopping Cart

You're getting the VIP treatment!

Item(s) unavailable for purchase
Please review your cart. You can remove the unavailable item(s) now or we'll automatically remove it at Checkout.
itemsitem
itemsitem

Recommended For You

Loading...

Health & Well Being eBooks

If you like Health & Well Being eBooks, then you'll love these top picks.
Showing 1 - 24 of 181 Results
Skip side bar filters
  • Kan ek maar aan jou selluliet vat?

    Bekroonde en geliefde skrywer André le Roux keer 45 mites oor die liefde op hul kop. Hier is die Kook & Geniet van intieme verhoudings – slegs vir volwassenes. Wat is dit met mans en vroue? Hoekom sukkel ons so? Hoekom is ons so gelukkig? So óngelukkig? Hoekom eet ons so? Worrie ons so? Hoekom lag ons so? Huil ons so? Hoekom kyk ons so sepies? Hoekom stry ons so? Hoekom so baie seks? Hoekom so mín ... Read more

    $13.99 USD

  • 'n Affair om te vergeet

    'n Ware Verhaal

    ’n Affair om te vergeet is die ware verhaal van hoe die skryfster van haar man se affair uitgevind het, haar reaksie daarop, en hoe sy uiteindelik daarin geslaag het om vrede en aanvaarding te vind. Hoewel dit ’n beskrywing van haar persoonlike reis is, sal baie mense hulle met haar ondervinding kan vereenselwig: haar ongeloof en woede toe sy die boodskap op haar man se selfoon kry; die ... Read more

    $9.99 USD

  • 'n Dans met die Dood

    Joernaal van ‘n anoreksielyer

    by Aniel Botha ...
    Toe Aniel Botha sewentien jaar oud was, is haar jare lange, morbiede obsessie oor kos as anorexia nervosa gediagnoseer. Maar vir dié sensitiewe en begaafde skolier met ’n passie vir ballet was die woord ‘anorexia’, wat ‘aptytverlies’ beteken, eintlik ’n wanbenaming, want sy was gedurig honger - vir kos, vir rus, vir liefde en aanvaarding, maar veral vir die dood. Niemand, nie eens sy self nie, kon ... Read more

    $7.99 USD

  • Die stille epidemie

    My Lewensreis na 'n Gesonde Skildklier

    In 2005 het Huisgenoot/YOU ’n artikel geplaas waarin Mariëtte Chippindall vertel het van die pad wat sy gestap het van ’n depressiewe, oorgewig vrou met ’n ongediagnoseerde skildklierprobleem na ‘n Mevrou Suid-Afrika 2005-finalis. Die lesers se reaksie was oorweldigend: meer as 6 000 mense het Mariëtte geskakel binne die eerste drie weke nadat die artikel gepubliseer is. Dit was letterlik die ... Read more

    $6.99 USD

  • Oorkom depressie

    Izak de Villiers, bekende predikant, digter, joernalis en voormalige redakteur van Sarieen Rapport, was onder die indruk dat sy stryd met depressie sou verdwyn namate hy ouer word. In hierdie hersiene weergawe van Oorkom Depressie – die Siekte van ons Tyd, skryf hy op aangrypende wyse, hoe hy steeds met die swart hond worstel. Izak deel jare se persoonlike ervaring en gee advies, oor hoe om met ... Read more

    $11.99 USD

  • Kyk my in die oë

    by Elsabé Brits ...
    Kyk my in die oë is die eerste in sy soort in Afrikaans. ’n Reguit en insiggewende storie van een mens se pad met bipolêre gemoedstoornis.Die verhaal speel af teen die agtergrond van ’n besige nuuskantoor waar Elsabé as joernalis werk, onder andere tydens die moord op Marike de Klerk. Elsabé vertel openhartig hoe dié siekte (en mense se reaksie daarop) haar in 2001 platgeslaan het, en hoe sy weer ... Read more

    $14.99 USD $12.99 USD

  • As die stroom jou vat

    by Jeanne Els ...
    “Dit is kritiek belangrik om nóú reeds, wanneer ’n mens normaal redeneer, met jou familie en vriende ooreen te kom: Help hou my geharnas teen die afgrond. Hou my dop. Wanneer ek weer in ’n depressie verval help maak seker dat ek betyds professionele hulp kry en daarmee volhou…”Ná haar pa se selfmoord beloof Jeanne Els haarself dat sy nóóit so iets sal doen nie. Jare later word sy self deur die ... Read more

    $13.99 USD $11.99 USD

  • Ontdek jou sielskrag

    Dreig probleme om jou te oorweldig? Is jy in ’n geldkrisis, is jou huwelik op die rotse, of stamp jy voortdurend kop met ’n kollega? In die spirituele sielkunde is die uitgangspunt dat jy van nature toegerus is om hierdie probleme te oorkom. Hierdie boek help jou om die sielskrag te ontdek wat jou in staat sal stel om:• insig in jouself en ander te kry• vrede te maak met die teenstrydighede in ... Read more

    $10.99 USD

  • Ongewoon Grace: Gestoor word vir 'n doel

    In hierdie eenvoudige, kort en inspirerende boek, "die die Wale Akinwumi en Juddie Passion openbaar die trou en ongekende liefde van die doelgerigte God, Sy oorvloedige barmhartigheid en ongewoon genade.Dit is die ware verhaal van 'n jong man wat aangesig tot aangesig gekom het met die dood in 'n noodlottige motor ongeluk wat 4 lewens geëis het, het hy twee keer gesterf het en opgewek is deur die ... Read more

    $5.22 USD or Free with Kobo Plus

  • Dokter in die huis

    Dokter in die huis is jou A-Z-gids tot gesondheid. Hierdie nuwe uitgawe van die gewildste Afrikaanse gesondheidsensiklopedie is hersien en aangevul om feitlik die hele spektrum van die hedendaagse geneeskunde te dek. Dit is gegrond op die jongste mediese navorsing en spesifiek gerig op die behoeftes van die Suid-Afrikaanse gesin. Onontbeerlike feite word sistematies en lesersvriendelik aangebied ... Read more

    $19.99 USD $17.99 USD

  • Skimme in die Skadu - Ware verhale van reeksmoordenaars

    Reeksmoordenaars ervaar die mag oor lewe en dood as almagtig. Aangesien hulle min beheer het oor hulle eie lewens en gevoelens, raak hulle verslaaf aan die almagtigheid wat beheer oor iemand anders se lewe hulle bied. Daarom pleeg hulle herhaaldelik moord. Dit herstel hulle geestelike wanbalans wanneer hulle selfwaarde in twyfel getrek word. As ek 'n reeksmoordenaar moes ondervra, het ek op ... Read more

    $7.99 USD

  • 'n Stille Avontuur- 'n avontuur van genade en geloof

    by Willem Nel ...
    At some point difficulty comes along everyone's path in various forms. It is, however, WHO we have on our side and WHAT we do about it that will eventually determine the effect the traumatic experiences will have in our lives -will they make us bitter or better?Willem Nel deel 'n ingrypende ware verhaal. As jy die woord AVONTUUR hoor, gaan daar gewoonlik ´n verskeidenheid van dinge deur jou kop. ... Read more

    Free

  • Weefselsoute vir Heilsaamheid

    Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees – een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute – ook bekend as sel- of biochemiese soute – is ’n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Dié soute word in die natuur in die ... Read more

    $9.99 USD

  • Oor mense en hoop

    by Rilette Meyer ...
    Meyer het onderhoude gevoer met mense wat baie ernstig gestruikel het, hetsy deur eie toedoen, die noodlot of die gemeenskap se blinde vooroordele. In die meeste van hierdie gevalle is daar hoop, of ten minste begrip. In enkele gevalle helaas nie. Maar hoop is 'n realistiese ding, want uitkoms begin by die mens wat kop aan kop met die noodlot gebots het. ... Read more

    $9.99 USD

  • Bewys van die Hemel

    Die vooraanstaande neurochirurg dr Eben Alexander het homself altyd as 'n man van die wetenskap beskou. Sy vaste geloof in geneeskunde wat op bewyse berus, het hom 'n loopbaan by van die top-institusies in die wêreld besorg. Maar dit sou heeltemal verander. Een oggend in 2008 raak hy in 'n koma nadat hy 'n seldsame bakteriese breinvliesontsteking opgedoen het. Breinskanderings wys massiewe ... Read more

    $9.99 USD

  • Die AA tot OE van seks

    by Riette Rust ...
    Wat is die één ding wat vroue verhoed om 'n fantastiese sekslewe te hê? Na dese hoef jy nie langer daaroor te wonder nie. Meer nog: Hierdie boek sal die sluiers voor jou oë wegtrek en jou stap vir stap wys - ja, wys! - hoe jy die heel beste seks kan geniet. Dis 'n oopkop, kaalvuis en loslittige gids tot die mees ekstatiese orgasmes onder die son. Jy leer onder meer: • hoe om in voeling te kom met ... Read more

    $15.99 USD

  • Dink Slank, Word Slank

    by Jorgan Harris ...
    Moeg vir skale, maatbande, uitmergelende oefening en uithonger-diëte? Moeg vir die stryd om gewig te verloor, net om dit weer op te tel? Hierdie boek beloof nie ’n wonder-dieet waarvan jy nog nooit gehoor het nie en spoor jou ook nie aan om by jou naaste gimnasium aan te sluit nie. In Dink Slank, Word Slank word die leser wel aangespoor om sy of haar denke geheel en al te vernuwe en te laat gaan ... Read more

    $7.99 USD

  • Seep, skuim en skrop – natuurlike produkte vir jouself en die huis

    Nicole Seabrook wou haar eie, natuurlike produkte met ’n persoonlike stempel ontwikkel nadat sy as aromaterapie-student ’n werkswinkel vir natuurlike produkte bygewoon het. Haar doel om glad nie meer chemiese produkte in haar huis te gebruik nie was nogals uitdagend aangesien dit aanvanklik moeilik was om sekere bestanddele in Suid-Afrika te kry. Soos wat verbruikers egter meer bewus geraak het ... Read more

    $9.99 USD

  • Die Jakkals

    Wat is die JAKKALS?Klein dogtertjies kan nie hulleself beskerm teen die gevare van die lewe nie. In 'n mens se kleintyd gebeur daar soms dinge wat deur jou hele lewe vrees en onsekerheid toelaat, benoudheid pak jou en soms kry jy swaar om asem te haal. Sê nou iemand het gesien of wat gebeur het kom op die lappe?Om deur die jare so ‘n geheim alleen te dra, maak mens uiyeindelik depressief. Dan kan ... Read more

    $1.55 USD or Free with Kobo Plus

  • Weefselsoute vir Heilsaamheid

    Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees – een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute – ook bekend as sel- of biochemiese soute – is ’n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Dié soute word in die natuur in die ... Read more

    $7.99 USD

  • Anthea se Reis

    Gewelddadige dood en die akute hartseer wat daarop volg, is nie langer vir Anthea ‘n vreemdeling nie.Hierdie boek, geskryf vanuit ‘n persoonlike perspektief, is ’n bron van aanmoediging vir familielede en vriende wat slagoffers bystaan tydens die nasleep van ’n vernietigende en lewensveranderende gebeurtenis. Hierdie verhaal beskryf hoe Anthea die uitwerking oorlewe het van ’n geliefde se ... Read more

    $8.95 USD or Free with Kobo Plus

  • MY LIEWE KIND - EK VOEL JOU PYN. MY DEAR CHILD - YOU ARE NOT ALONE! - In Afrikaans. Author: SHEILA BER

    MY DEAR CHILD: YOU ARE NOT ALONE!

    by SHEILA BER ...
    Ek skryf hierdie boek vir kinders wat ontevrede is, mishandelde, eensaam, onseker, kwaad, hartseer, en depressief. Hierdie boek bied hulp en ondersteuning geestelik en geestelik, vir kinders wat hulpeloos en hopeloos voel. Benewens hulle oor te dra 'n boodskap dat hulle is nie alleen nie, en hulle liefgehad het en verstaan​​. I've written this book to help children who are unfortunate, abused, ... Read more

    $3.93 USD

  • Stories uit 'n Straat

    by Amanda Kriel ...
    Amanda pak die lewe aan soos 'n kind. Die dogtertjie binne-in haar sien nog steeds die mooi dinge raak wat elke dag ons lewens omring. Die uittreksel uit die dag wat die blondekop, blouoog seuntjie met die bynaam Marak saam met sy pa gaan werk het, sal enige ouer se hartsnare roer:"Sy pappa fluister saggies in sy oor, en met pêrelwit tandjies wat glinster soos hy lag, hardloop hy weer vinnig terug ... Read more

    $1.49 USD or Free with Kobo Plus

  • Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes

    'n Praktiese gids

    by Helena Bester ...
    Daar is hoop vir ADHD-lyers! Helena Bester, een van Suid-Afrika se voorste kenners van ADHD, vertel met groot meelewing die suksesverhale van sommige van die duisende mense wat sy al kon help. In 'n geselstrant, toegelig met gevallestudies, deel sy: • die jongste inligting oor ADHD by kinders én volwassenes • nuwe behandelingsmetodes, waaronder neuroterugvoer-terapie • wenke vir ouers en ... Read more

    $14.99 USD $12.99 USD